Local newsSport

Vegters bring medaljes huistoe

‘n Groep vegters van die XKT Fight St skopboksklub in Carletonville het die afgelope naweek tydens ‘n groot kompetisie in Pretoria presteer. Verskeie lede van die klub het Saterdag van vroeg tot laat aan die Great North-kragmeting in die Pretoria middestad deelgeneem. Meer as 400 vegters van regoor die provinsie sowel as besoekers van onder …

‘n Groep vegters van die XKT Fight St skopboksklub in Carletonville het die afgelope naweek tydens ‘n groot kompetisie in Pretoria presteer.
Verskeie lede van die klub het Saterdag van vroeg tot laat aan die Great North-kragmeting in die Pretoria middestad deelgeneem.
Meer as 400 vegters van regoor die provinsie sowel as besoekers van onder meer die Noord-Kaap het om medaljes meegeding.
Volgens die klub se afrigter, Shihan Chimmy van Winkel, kon vegters van so jonk as sewe jaar oud aan die kompetisie deelneem. Die vegters het in semi light, kick light en volle kontak-afdelings meegeding.
“Ek is baie trots op ons klub want hulle het só goed geveg dat van die lede in van die afdelings selfs teen mekaar moes uitbaklei vir medaljes. Dit was baie goeie voorbereiding vir die SA’s wat in April in Ellisras plaasvind,” sê Van Winkel, wat ook tydens die byeenkoms as skeidsregter moes werk.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button