Sport

Fochville Rugbyklub beplan groot dag met baie pret

Rugby-liefhebbers kan hul regmaak om Saterdag genoeg van hul gunstelingsport te sien.

Rugby-liefhebbers kan hul regmaak om Saterdag genoeg van hul gunstelingsport te sien.
Volgens ‘n woordvoerder van Fochville Rugbyklub, Riaan Scott, sal die klub se eerste- en tweedespanne Saterdag teen Lonmin op die veld draf.
Dié kragmetings sal op die klub se tuisvelde by die Gert van Rensburg sportkompleks in Fochville plaasvind en sal met allerlei ander pret gepaardgaan.
Die klub het ‘n spesiale span vir oud-spelers, die “Golden Oaks”, bymekaargesit om in ‘n voorwedstryd vir die ligawedstryde te speel. Die Golden Oaks-wedstryd sal reeds om 14:30 begin en beloof om ook uithaler-rugby te bied.
Fochville Rugbyklub se tweede- en eerstespanne sal hierna in die B- en A-afdelings van die Luiperds se Neser Liga uitdraf. Hoewel Fochville Rugbyklub voorheen vir meer as 30 jaar bestaan het, het dit sowat 10 jaar gelede tot niet gegaan. Die klub was ook bekend omdat dit baie goed in ligas gevaar het. ‘n Groep rugby-liefhebbers het die klub egter weer teen die einde van verlede jaar op die been gebring en oefeninge is reeds hard aan die gang. Saterdag se kragmetings is belangrik vir die klub omdat verskeie spelers tydens vroeëre liga-kragmetings beseer was en die spanne nie tot hul volle potensiaal kon presteer nie.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button