Local newsNews

Pragtige diere soek huise by die Carletonville DBV

'n Nuwe huis sal hierdie viervoet-kinders se lewe verander.

Daar is baie pragtige honde en katte wat by die Carletonville DBV (Dierebeskermingsvereniging) na nuwe huise soek.

Behalwe vir volwasse honde van alle groottes en pragtige katte, is daar ook baba diertjies wat aangeneem moet word.

Die DBV herinner ook troeteldier-eienaars dat, indien hul viervoet vriend dalk verlore raak, hulle die organisasie moet skakel aangesien baie verlore diere na die DBV gebring word.

Die DBV se kantore en hokke in Beersterstraat in Oberholzer (op pad na die koöperasie) is van 09:00 tot 16:00 op weeksdae en op Saterdae van 08:00 tot 11:00 oop.

Die Carletonville DBV kan by 018 788 6262 geskakel word. Hul noodnommer is 064 752 6035.

Een van die DBV se jarelange personeellede, Rosie Sekotolwane, hou hier ‘n pragtige Siamese kat vas wat ook na ‘n nuwe huis soek.
Hierdie mooi en vriendelike hond kort ook ‘n nuwe huis.
Hierdie Jack Russel terrier is een van die pragtige honde wat na nuwe huise soek.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button