Local newsNews

TLU wil boere help wie se plase gebrand het

Brandwaarskuwings is in talle provinsies uitgereik.

Die landbou-organisasie TLU SA wil boere bystaan wat byna alles verloor het in die verwoestende veldbrande wat oor die afgelope twee weke in veral Gauteng en Mpumalanga gewoed het.

Hierdie brande het ‘n verwoestende impak op die boerderygemeenskap gehad – boere het ernstige brandwonde opgedoen, hul diere het verbrand, plaaswerkers is beseer, en sommige het selfs hul huise verloor. Ons boere brand.

Sterk winde en droë toestande het talle brande oor die afgelope twee weke oor dele van die land laat uitbreek. Brandwaarskuwings is in talle provinsies uitgereik.

Enige finansiële bydraes kan direk in TLU SA se Traumafonds-rekening betaal word.

Die TLU SA Traumafonds is gedurende 1962 gestig na ‘n vyf jaar lange droogte en herhaaldelike uitbreking van bek-en-klouseer in Transvaal. Die TLU SA Traumafonds is sedertdien ‘n baken van hoop vir boere wat in nood verkeer. Die Fonds is ook uniek in die aard dat geen administrasiefooi of hanteringsfooi geneem word nie. Alle fondse word direk vir boere in nood gebruik.

TLU SA Traumafonds bied beradingsdienste aan boere in nood en slagoffers van geweldsmisdade op plase en landbouhoewes. Dit ondersteun gemeenskapsontwikkeling en opleiding vir opkomende mikro-besighede en boere. Die fonds fokus ook op die bewaring van natuurlike hulpbronne en help kommersiële boere in droogtegeteisterde streke.

‘n Artikel 18A belastingsertifikaat is beskikbaar vir skenkers.

You can read the full story on our App. Download it here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button