Local newsNews

Hewige veldbrande tussen Fochville en Parys

Motoriste moet baie versigtig wees.

Die R500-pad tussen Fochville en Parysis vroeër vanmiddag as gevolg van ‘n veldbrand vir vekeer gesluit.

Sover vasgestel kan word, het verskeie plase gebrand. ‘n Werker op een van die plase is ook in de brand beseer.

Dit is egter nie seker wat sy toestand op dié tydstip is nie.

Verskeie rolspelers, insluitende die brandweer en lede van die Fochvile GPF, is op die toneel.

Die Herald het nou net verneem dat die R54-pad na Vereeniging ook as gevolg van brande gesluit is.

Een persoon wat gehelp het om vroeër die naweek ander brande in hierdie omgewing te beveg, is Vrydag dood.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button