News

Skoolkind (17) ernstig beseer na verkeersmotor hom tref

Die kind het op sy fiets gery en glo oor die kruising van Chris Hani en Walter Sisululaan in ons buurdorp Potchefstroom beweeg toe die verkeersbeampte hom getref het.

‘n Skoolkind het bloeding op die brein opgedoen nadat ‘n verkeersmotor hom by die verkeerslig op die hoek van Chris Hanistraat en Walter Sisululaan Vrydagmiddag, 8 Maart getref het.

Die skoolkind (17), wie se identiteit nog onbekend is, het glo op sy fiets gery toe die ongeluk omstreeks tussen 12:30 en 13:00 plaasgevind het. Volgens ‘n ooggetuie op die toneel het die skoolkind glo oor die rooi lig gery, voordat die verkeersbeampte die kind getref het en die kind toe ‘n paar meter verder geval het.

Noordwes polisiewoordvoerder, Lt. Col. Amanda Funani, bevestig die voorval en noem dat ‘n saak van roekelose en nalatige bestuur oopgemaak is.

Nooddienste het die kind op die toneel behandel voordat die kind na Potchefstroom Provinsiale Hospitaal vervoer is. Hy per ambulanshelikopter (Rockets HEMS) na ‘n hospitaal in Alberton vir verdere behandeling geneem.

Video Player

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/local-news/2024/03/08/skoolkind-17-ernstig-beseer-na-verkeersmotor-hom-tref/?fbclid=IwAR0_iZdNri1V5dLUHuynCEA7PhJ6NAwhb3QOfp62dxuLFYGIN25dNeYckyo

Related Articles

Back to top button