Local newsNews

Smithathlons-atlete wys hul staal

Atlete van Carletonville dring deur na provinsiale kampioenskappe.

Atlete van die Smithathlons atletiekklub van Carletonville is weer besig om groot hoogtes op die sportveld te bereik.

Volgens die klub se afrigter, Annetjie Smith, het verskeie van die atlete tydens die onlangse D2-kampioenskap presteer. Dié byeenkoms is op 20 Februarie by Hoërskool Noordheuwel in Krugersdorp gehou.

Sandiso Loana, ‘n leerder van Carleton Jones High School, het die o.19 driesprong- en verspring items gewen. Nóg ‘n Smithathlons atleet van CJ, Thulo Kobelo, het met die bronsmedalje in die o.19 driesprong weggestap. Hulle dring deur na die senior SA’s wat op 3 en 4 April in die Paarl gehou gaan word.

Intussen het Mikayla Smith, ‘n o.14 atleet wat as ‘n o.15 deelgeneem het, die 100 m in ‘n tyd van 12:32 gewen na sy die huidige SA kampioen in die stof laat byt het. Sy was tweede in die 200 m en het gelyk met ‘n ander atleet in die hoogspring geëindig. Nóg een van die klub se atlete, Bailey Slabbert, was deel van die o.13 aflosspan wat hul item gewen het.

Mikayla en Bailey is leerders van Laerskool Dagbreek en dring na die junior SA’s deur.

Related Articles

Back to top button