Local newsNews

Hulporganisasie hou bekendstelling

OCSA (Operation Compassion South Africa) hou funksie by Callies.

‘n Nuwe organisasie wat hulp aan die gemeenskap lewer, OCSA (Operation Compassion South Africa) het die afgelope week hul aktiwiteite in die omgewing op ‘n hoë noot afgeskop.

Volgens ‘n woordvoerder van OCSA, me. Lianca-Lee van der Westhuizen, het die organisasie onlangs ‘n tak in Carletonville gestig.

“OCSA is ‘n nie-winsgewende organisiasie wat hulp verleen aan die gemeenskap waarby daar nood geïdentifiseer word, soos onder die jeug, bejaardes, haweloses, en ander groepe,” sê Van der Westhuizen.

OCSA het Vrydagaand, 23 Februarie ‘n funksie in Hoërskool Carletonville se saal gehou om die organisasie en die rol wat hulle in die gemeenskap kan speel, bekend te stel.

Die hoogtepunt van die aand was toe twee van die TV-reeks Binnelanders se welbekende akteurs, Je-ani Swiegelaar en Germandt Geldenhuys, hul produksie Keelvol opgevoer het.

Indien enige iemand wil kontak maak of wil uitreik na OCSA in Carletonville, kan hulle verskeie inwoners wat in OCSA Carletonville se raad dien vir meer inligting skakel.

Hulle kan Marieta Mathee by 082 826 0391, Nico Mathee by 083 604 0613 of Wian van der Westhuizen by 081 383 9127 kontak.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button