Local newsNews

Huisrower slaan vroegoggend in Carletonville toe

Gemaskerde rower val vrou aan.

‘n Vrou van Dahliastraat in Carletonville was dié week die slagoffer van ‘n huisroof gewees.

Die 45-jarige vrou was Woensdag vroeggoggend aan die slaap toe ‘n man met ‘n balaclava haar wakker maak. Die rower, wat Engels gepraat het, het haar met ‘n mes gedreig en die kode vir haar selfoon gevra.

Die booswig het haar selfoon en haar skootrekenaar gegryp voor hy deur die res van haar huis begin krap het.

Hy het later met sy buit weggehardloop.

Related Articles

Back to top button