News

Video: Vrou dankbaar vir gemeenskap se hulp tydens huisbrand

Al het die brand alles in haar plaashuis verswelg, is Marthie Janse van Rensburg dankbaar en stomgeslaan oor die gemeenskap se hulp in haar tyd van nood.

Twee dae nadat ‘n brand die binnekant van ‘n plaashuis verwoes het in die Haaskraal-omgewing net buite Potchefstroom, is daar steeds hoop.

Marthie Janse van Rensburg, die plaaseienaar, vertel aan die Herald dat alhoewel sy omtrent alles verloor het, gaan sy weer begin herbou, stukkie vir stukkie.

Kyk die video hier:

“Ek het die afgelope twee dae rondgesoek na items in die huis tussen al die roet en gebrande stukke. Ek het heel glase en ander items so tussen-in opgespoor. Al my klere is gebrand, maar ‘n mens kan weer dit koop,” noem sy terwyl sy voor die gebrande ingang van die plaashuis staan.

Sy vertel hoe sy en haar seun, Cilliers, wat vanaf Botswana kom kuier het, ‘n harde slag daardie Donderdagaand (1 Februarie) gehoor het. ‘n Gasbottel het omstreeks 19:00 ontplof waarna ‘n Mercedes in die motorhuis aan die brand geslaan het. Binne minute het die brand na die res van die huis versprei.

Groot gedeeltes van die huis in in puin na die brand. Foto: Wouter Pienaar.

Janse van Rensburg spreek haar dank uit aan Koepel Patrollie, die Potchefstroom Brandbeskermingsvereniging, brandweer, sowel as almal wat hulle op daardie aand gehelp het om die vuur te blus.

“Dit is net ongelooflik hoe almal so vinnig ingespring het om ons te help. Ek is net bly niemand is beseer nie. Die materiële goed kan mens weer vervang,” noem Janse van Rensburg.

Die vuur is omstreeks 23:00 daardie aand geblus.

Video: Vrou dankbaar vir gemeenskap se hulp tydens huisbrand

You can read the full story on our App. Download it here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button