Local newsNews

Huisrower val bejaardes aan

Rowers raak 'n al groter probleem in Carletonville.

‘n Bejaarde egpaar in Carletonville Uitbreiding 9 is dié week tydens ‘n huisroof in hul bed aangeval.

Die rower het in die oggendure van Donderdag 25 Januarie in hul slaapkamer gekom deur die diefwering oop te buig en het hul daarna met pepersproei gespuit.

Die booswig het toe hul kluis se sleutels geëis en ‘n pistool en rewolwer uit die kluis gegryp. Hy het ook die egpaar se selfone gegryp voor hy weer deur dieselfde venster waarmee hy ingekom het, onsnap het.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button