Local newsNews

Vliegongeluk naby Carletonville

Drie mense is vanoggend (29 Desember) buite Carletonville in ‘n vliegongeluk dood.

Die ongeluk het op ‘n plaas naby die R500 pad tussen Carletonville en Magaliesburg, Noord van die N14-kruising plaasgevind.

Sover vasgestel kan word, het ‘n privaat vliegtuig met ‘n man en vrou met ‘n besproeiingsvliegtuig gebots.

Die man en vrou in die vliegtuig sowel as die vlieënier in die besproeiingsvliegtuig is oorlede.

Boere van die omgewing het na hulle van die ongeluk gehoor het, langs die pad gewag om nooddienste te help om die toneel vinnig te bereik.

Ons meegevoel met die oorledenes se families.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button