Local newsNews
Rowers slaan by huis in Coronationstraat toe
Inwoners van Coronationstraat in Carletonville het dié week die slagoffers van huisrowers geword.
Dié booswigte het in die vroeë oggendure van Woensdag 6 Desember gedurende beurtkrag toegeslaan.
Die inwoners was aan die slaap toe hulle skielik van die geraas van onbekende mans in hul huis wakker word.
Daar was twee rowers in die huis. Een van hulle het ‘n vuurwapen gehad terwyl die ander een met ‘n mes gewapen was.
Die rowers het die inwoners vasgebind en selfone en geld geëis.
Hulle het toe die gesin se televisiestel sowel as vier selfone gegryp en weggehardloop.
Gelukkig is niemand beseer nie.
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.