NewsSport

Atleet op pad na SAs

Nóg 'n atleet van Carletonville gaan dié naweek aan die ASA (Atletiek Suid-Afrika) nasionale jeugkampioenskappe deelneem.

Die 12-jarige Marli Labuschagne het vir die o.13 1 500 m item kwalifiseer en gaan Saterdag, 2 Desember, haar staal tydens dié kampioenskap in Secunda wys.

Dié leerder van Laerskool Dagbreek is ‘n lid van die Peak Performance Klub en sy word deur Thabo Molete afgerig.

“Sy werk baie hard, oefen hard en gee net altyd haar beste. Haar afrigter, Thabo, speel ‘n baie belangrike rol in haar prestasie! Haar “coach”, familie, vriende en skool is baie trots op haar,” sê die jong ster se ma, Marlise Labuschagne.

Marli het ook vroeër vanjaar haar staal tydens die nasionale landloop kampioenskap gewys.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button