Local newsNews

Vermeende bankrowers op die N14 naby Carletonville doodgeskiet

Die Valke en verskeie ander wetstoepassers het gistermiddag verskeie vermeende bankrowers doodgeskiet wat vermoedelik van plan was om ‘n bank in die Carletonville-omgewing te beroof.

Volgens die Valke se woordvoerder, Kolonel Katlego Mogale, het hulle inligting ontvang dat ‘n groep verdagtes in ‘n silwergrys Toyota en ‘n wit VW Polo in die omgewing van verskeie banke in Carletonville rondgery het.

Die groep is agtervolg en is later op die N14 op pad na Ventersdorp vasgetrek.

Toe die kriminele besef het dat hul afgetrek word, het hulle op die wetstoepassers begin skiet. In die proses is vyf van die verdagtes, wat tussen 25 en 35 jaar oud is, doodgeskiet. ‘n Vrou wat ook deel van die groep was, is gearresteer.

Die skelms se voertuie word met drie ander voorvalle in Groblersdal, Secunda en Hercules verbind.

Die VW Polo waarin van die vermeende rowers gery het.
Die Gauteng verkeershelikopter is ook in die soektog na die groep gebruik.

 

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button