Local newsNews

Huisrowers bind paartjie vas

Carletonville: ‘n Paartjie het die afgelope week benoude oomblikke beleef toe rowers hulle in hul huis aangehou en vasgebind het.

Die paartjie, wat in Jadestraat woon, was op 15 November aan die slaap in hul huis.

Hulle het skielik omstreeks 02:00 wakker geskrik toe iemand hul kamerlig aanskakel.

Twee rowers het in hul kamer ingestorm en een het ‘n wapen op die paartjie gerig.

Die rowers het hul toe vasgebind en geld en wapens geeïs. Toe die rowers besef dat daar nie vuurwapens óf geld in die huis is nie, het hulle verskeie elektriese ware gesteel en daarna van die toneel gevlug.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button