Local newsNews

Voertuigdiewe na jaagtog vasgetrek

Flink polisie-optrede lei tot arrestasies.

Die  arm van die gereg was net té lank vir twee vermeende voertuigdiewe wat in Parys vasgetrek is op ‘n klag vir die besit van vermoedelik gesteelde voertuie.

Volgens polisiewoordvoerder, sers. Josephine Rani, het Fezile Dabi Hoofweg patrollielede Vrydag 17 November in die vroeë oggendure patrollie gedoen toe hul inligting gekry het van twee voertuie wat in Bothaville gesteel is en in die rigting van Parys na Sebokeng onderweg was.

Die inligting is opgevolg en is die voertuie toe inderdaad in Parys opgemerk en agterna gesit.

Tydens die jaagtog het die verdagtes op ‘n stadium die voertuie agtergelaat en te voet verder probeer vlug. Polisielede het hulle agterna gesit en is twee van die drie verdagtes gearresteer. Daar is ook beslag gelê op die twee gesteelde voertuie, asook ‘n derde voertuig wat tydens die misdaad gebruik is.

In ‘n voorval in Carletonville verlede week het twee verdagtes wat die Mr Price winkel in die Carletonville Mall beroof het, ook hul rieme styfgeloop.

Die bestuurder van die winkel was op 2 November omstreeks 17:50 besig om toe te sluit toe ‘n man ingestap en ‘n wapen uitgepluk het.

Die rower en sy twee makkers wat ook ingestap het, het die bestuurder en personeel agter in die winkel ingedwing en selfone en geld gesteel.

Die booswigte het toe uit die winkel gehardloop.

Ongelukkig vir die rowers was daar toevallig twee polisiemanne, Sersant Thabo Kharejane en Kaptein Peter Masooa, wat ten tye van die voorval by die mall was en gesien het hoe die booswigte in ‘n wit Isuzu-bakkie spring en wegjaag.

Die polisiemanne, wat albei van diens af was, het hulle agternagesit en op die pad tussen Carletonville en Welverdiend afgetrek en gearresteer.

Robbers’ escape thwarted

 

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button