Local newsNews

Waterlekke ‘n probleem in Fochville

Inwoners van Fochville is bekommerd dat die munisipaliteit nie die nodige aandag aan waterlekke gee nie.

Volgens mnr. Dawid Roos van Lusernstraat het hy al twee jaar gelede by die Merafong City Plaaslike Munisipaliteit oor sy lekkende watermeter begin kla.

“Ons het al verwysingsnommers van die munisipaliteit gekry, maar hulle kom steeds nie uit om dit reg te maak nie,” kla Roos.

Die meterkas is heeltemal onder water en dit is onmoontlik vir die munisipaliteit óf hul kontrakteurs om waterlesings te neem.

Intussen is daar nóg ‘n waterlek drie huise verder aan die oorkant van Lusernstraat.

Hoewel die munisipaliteit onlangs die sypaadjie opgegrawe het om dit te probeer herstel, lek dit steeds. Mens kry ook ‘n vae reuk van riool as jy langs die lek staan.

Volgens die munisipaliteit kom die waterlekke voortdurend voor en word dit ‘soos nodig’ herstel. Hulle het egter belowe om weer ondersoek te gaan instel.

Inwoners met probleme, kan dit by (018) 788 9990 of WhatsApp 082 516 0794 aanmeld.

Die meterkas is heeltemal onder water en dit is onmoontlik vir die munisipaliteit óf hul kontrakteurs om waterlesings te neem.

 

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button