Local newsNews

Drie sterf in ongeluk op P111

Drie mans is die afgelope naweek in ‘n ernstige ongeluk op die P111-pad tussen Carletonville en Westonaria oorlede.

Die ongeluk het Saterdagmiddag omstreeks 14:00 plaasgevind.

Sover vasgestel kan word, het ‘n wit Volkswagen Polo met twee insittendes by die aansluiting van Corobrik uitgery en in die baan van verkeer wat uit die rigting van Carletonville gery het, ingedraai.

Die bestuurder van ‘n aankomende Mercedes-Benz Vito-bussie kon nie betyds uitswaai nie en die voertuie het kop-aan-kop gebots.

Die bestuurder en insittende van die Polo is op die toneel oorlede.

Paramedici van ER24 en Netcare 911 was vinnig op die toneel en hoewel hulle gespook het om die lewe van die Vito se bestuurder te probeer red, is hyo ok op die toneel dood verklaar.

Die bestuurder en passasier in die Polo was nie van ons omgewing nie en het vermoedelik nie die pad geken nie.

 

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button