Local newsNews

Rowers slaan weer in Carletonville se sentrale sakegebied toe

Carletonville se sentrale sakegebied bly steeds ‘n teiken vir rowers.

‘n Werknemer by ‘n klein dobbelhuis in Emeraldstraat was Sondagaand omstreeks 23:30 aan diens toe twee onbekende mans skielik instap.

Hulle het ‘n mes uitgeruk en die 25-jarige werknemer gedreig. Ander personeel het toe met die rowers begin stoei, maar die booswigte het daarin geslaag om hul hande op twee geldkiste te kry.

Hulle het die geld in die kiste gegryp en weggehardloop.

Gelukkig is niemand beseer nie.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button