Local newsNews

Gemeenskap begin weer by Fochville substasie saamdrom

Vermy asseblief die pad tussen Fochville en die N12 verby Kokosi.

‘n Groot groep inwoners van Kokosi het die afgelope uur begin om voor Fochville se hoof elektriese substasie saam te drom. Volgens berigte is van hulle selfs met taxi’s daar afgelaai.

Sover vasgestel kan word, wil hull verhinder dat die krag na Fochville weer om 18:30 aan die einde van die huidige beurtkrag-sessie aangeskakel word.

Lede van AfriForum se buurtwag, sowel as die polisie is tans op die toneel.

Inwoners van Fochville is reeds op sosiale media gewaarsku om daarvoor voorsiening te maak dat hulle elektrisiteit nie na beurtkrag aangeskakel gaan word nie.

Hierdie is ‘n ontwikkelende storie.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button