Local newsNews

Video: Reuse rioollek in Carletonville skep sinkgat gevaar

Bestuurders moet mooi dink voor hulle deur van die plasse in Dolomiterylaan in Carletonville ry.

Die rede hiervoor is dat van die plasse riool en nie water is nie.

‘n Besorgde inwoner, mnr. John Templeton, het die Herald dié week van ‘n reuse rioollek aan die kant van Dolomitestraat in kennis gestel.

Riool stroom al vir maande uit ‘n mangat aan die kant van Dolomite tussen Talc- en Moraeastraat.

Volgens Templeton het hy dit reeds sowat ‘n jaar gelede vir die eerste keer by die munisipaliteit aangemeld maar daar word net mooi niks aan gedoen nie.

Hy is veral bekommerd omdat daar jare gelede sinkgate ingeval het in dieselfde gebied waar die riool nou lek.

Hier is ‘n video van hoe die riool vroeër vanmiddag (8 September 2023) uit die mangat gestroom het:

 

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button