Local newsNews

Video: Edwin bestuur weer na motorongeluk

Die inspirerende verhaal van die oud-Gimmie, Edwin Nelson, het nog ‘n belangrike hoofstuk bereik toe hy verlede maand vir die eerste keer na sy motorongeluk weer self bestuur het.

Die inspirerende verhaal van die oud-Gimmie, Edwin Nelson, het nog ‘n belangrike hoofstuk bereik toe hy verlede maand vir die eerste keer na sy motorongeluk weer self bestuur het.

Ongeveer drie maande na hy albei sy voete onder die knie in ‘n gru-motorongeluk op die R53 vanaf Potch na Vaalpark verloor het, sterk Edwin so goed aan dat hy weer agter die stuurwiel kon inklim.

Op die “Rise with Edwin” Facebookblad is daar ‘n video gedeel waar Edwin agter die stuur van ‘n wit Toyota sportnutsvoertuig inklim en weer op die grondpad met sy prostese leer bestuur.

“Ek leer nog, bestuur is nog moeilik op die oomblik. Ek moet net oefen om weer daardie gevoel terug te kry. Dit is nog ‘n stap vorentoe,” vertel Edwin.

“Ek wil vir ander jongmense wys dat ek in hulle glo en ek hoop ek kan ʼn verskil in hul lewens maak. Dit is maar net die begin van groot dinge,” het Edwin in Julie genoem nadat hy die toekenning by Solidariteit Helpende Hand se Afrison Liefde In Gestremdheid (LIG)-konsert ontvang het.

Op hierdie stadium werk Edwin noukeurig en doelgerig saam met sy biokinetikus om aanhou te herstel na sy ongeluk en sodoende binnekort sy eie unieke prostese te kan kry.

Edwin Nelson (18) se pad na herstel vorder goed na sy motorongeluk waar hy albei sy voete verloor het.

Hy loop ook al met sy kunsbene en vorder goed aan. Hy loop al ente sonder sy krukke. Sy hoop is dat hy sy permanente kunsbene binnekort sal kry.

“Ek is tans nog by die huis waar ek twee keer ‘n week by die biokinetikus is. My hoop is net dat ek nog meer mense sal kan help in die toekoms wat ook in ‘n soortgelyke situasie is,” sê Edwin.

Lees die oorspronklike berig hier:

https://potchefstroomherald.co.za/130675/video-edwin-bestuur-weer-na-motorongeluk/?fbclid=IwAR0pmPaHBUoLtwlJ1xGtt755O3eJflBh5oVvcEZmI3bC04_tq-x0E4w_mkA

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button