Local newsNews

Plaaseienaar van die Fochville-omgewing oorlede na Njala hom gaffel

Hy is weens beserings wat hy in die hierdie fratsongeluk opgedoen het oorlede.

‘n 36-jarige plaaseienaar van Boschhoek, ongeveer 35km vanaf Potchefstroom in die rigting van Fochville op die N12, is Donderdag, 24 Augustus deur een van sy eie Njala bokke gesteek. Die insident het glo gebeur toe die man wild wou vervoer.

Hy is weens beserings wat hy in die hierdie fratsongeluk opgedoen het oorlede.

Die man is na Potchefstroom gehaas vir mediese hulp. Nooddienste het die man halfpad tussen Potch en die plaas op die N12 ontmoet en die man probeer resussiteer, maar was onsuksesvol.

Fochville stasiebevelvoerder, Lt. Kol. Kgomotso Netshitangani het die voorval bevestig en genoem dat ‘n geregtelike doodsondersoek van stapel gestuur is.

 

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button