Local newsNews

Saak teen vier van Fochville teruggetrek

Net een beskuldigde word nou verder vervolg.

Vier van die vyf beskuldigdes in die moord op Natasha Wheeler Barnard van Fochville het vandag gehoor dat hulle nie meer vir die moord vervolg gaan word nie.
Die beskuldigdes Maryna Doyle (37), haar kêrel, Sidney Scheepers (41), Twane Wienand (31), Dave Lourens (45) en Rudolf Pretorius (23) het weer vanoggend 14 Augustus voor Landdros Fatima Khan in die Fochville Landdroshof verskyn.
Doyle, Scheepers, Wienand en Lourens het gehoor dat die direkteur van openbare vervolging (DOV) in Gauteng gelas het dat hulle nie verder vervolg gaan word nie en dat die sake teen hulle teruggetrek word.
Dié vier beskuldigdes se regsverteenwoordigers het reeds in April hul vertoë by die DOV ingedien en gevra dat die sake teen hulle teruggetrek word. Dié vertoë bevat ‘n opsomming van Doyle, Scheepers, Wienand en Lourens se weergawe van gebeure op die aand toe Wheeler Barnard (33) op 4 Maart 2021 in ‘n bekende kroeg vermoor is.
Pretorius het nie ‘n vertoë gerig nie en die saak teen hom gaan steeds aan.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button