News
Hulp gevra om vermiste Tinus te vind
Hy word sedert Januarie vanaf sy blyplek in Sasolburg vermis
Die polisie in Sasolburg versoek die publiek se hulp om ‘n vermiste man, mnr. Tinus Nel, op te spoor. Tinus is ‘n wit man van 26 jaar wat aan ‘n spraakversteuring ly. Hy het in Januarie vanjaar die huis verlaat en nie teruggekeer nie. Hy is laas gesien met blou jeans, ‘n rooi T-hemp, blou tekkies en ‘n blou baadjie. Hy het swart hare en bruin oë. Enigiemand wat moontlik inligting het oor waar hy hom bevind, word versoek om speurkonstabel Maartens by (016) 970 1053 of 079 544 2431 te kontak.
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.