Local newsNews

Drie oudstudente van NWU finaliste in vanjaar se Mej. SA-kompetisie

Anke Rothmann, Lebohang Raputsoe en Ané Oosthuysen is almal finaliste in vanjaar se glansryke Mej. Suid-Afrika-kompetisie wat op 13 Augustus by die SunBet Arena in Times Square, Pretoria plaasvind.

Ané Oosthuysen, ‘n laerskoolonderwyseres, is met ‘n BA-graad in gedragswetenskappe, ‘n BSc Honneursgraad in Sielkunde en ‘n BA Honneursgraad in kuns en mediese sosiologie nie net ‘n mooi gesiggie nie.

Sy sê om die Top 12 te haal het haar lewe verander.

Ek het nog altyd van hierdie oomblik gedroom, en om dit uiteindelik te ervaar voel surrealisties.

“Ek wag gretig vir hierdie reis om te ontvou. Die ervaring is ongelooflik lonend, veral die kans om my mede-deelnemers te ontmoet en hulle te leer ken. Ek is dankbaar vir die hegte bande wat reeds gesmee is en is gereed vir wat voorlê,” sê Ané.

Ané Oosthuysen. Foto: Verskaf

Lebohang Raputsoe, ‘n menslike hulpbronne-praktisyn, wat haar BA in industriële sielkunde en honneursgraad in arbeidsverhoudinge aan NWU se Vanderbijlparkkampus verwerf het, sê die platform gaan vir haar oor meer as bloot ‘n Mej. Suid-Afrika titel.

Sy glo dat Mej. Suid-Afrika ‘n intellektueel gedrewe vrou moet wees wat die gemeenskap met oortuiging en waardigheid dien.

Lebohang is uit nature uit nederig, maar ook sterk en gedrewe. Haar benadering tot leierskap is volhoubaar en op holistiese vordering en ontwikkeling van die individu gefokus.

Raputsoe sê sy wil graag die platform gebruik om die jeug te bemagtig en te ontwikkel.

Lebohang Raputsoe. Foto: Verskaf

Anke Rothmann, wat haar haar graad in aptekerswese aan NWU se Potchefstroom-kampus verwerf het en tans haar internskap doen, sê sy was sprakeloos toe sy gehoor het dat sy die Top 12 gemaak het.

Ek is dankbaar vir die geleentheid om vroue van uitsonderlike karakter te ontmoet en om gekoesterde herinneringe te skep wat ‘n leeftyd sal hou,” sê Anke.

Anke Rothmann. Foto: Verskaf

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button