Local newsNews

Twee beseer toe voertuig rol

Twee mense is in 'n stabiele toestand in die hospitaal nadat die bestuurder van 'n ligte voertuig Sondagoggend beheer oor die voertuig verloor en dit omgeslaan het.

Volgens CERT-SA is die noodoproep omstreeks 01:44 ontvang nadat die voertuig by Weilbakstraat in die Meyerton-omgewing gerol het.

Albei insittendes is blykbaar tydens die ongeluk uit die voertuig geslinger.

“Albei pasiënte het matige tot ernstige beserings opgedoen en is op die toneel behandel terwyl daar vir ambulanse gewag is.

“Albei die pasiënte is deur ER24 na die hospitaal geneem vir behandeling en is in ‘n stabiele toestand,” sê CERT-SA in ‘n verklaring.

Hoewel die ongeluk nie in ons omgewing plaasgevind het nie, kan dit as ‘n waarskuwing dien vir ons inwoners om ook wakker op al die gevaarlike paaie te wees.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button