Local newsNews

Oud-Carletonviller skitter met tweede plek in Comrades

Broodryk se tyd van 5:56:26 is die derde vinnigste in geskiedenis.

Die oud-Carletonviller wat nou in Potchefstroom woon, dr. Adele Broodryk, het vandag (Sondag, 11 Junie) by die 2023 Comrades Marathon ‘n briljante tweede plek behaal in ‘n uitstekende tyd van 5:56:26. Sy het sodoende verbeter op haar derde algehele plek in die 2022 Comrades Marathon.

Adele Broodryk op pad na tweede plek in die 2023 Comrades Marathon. Foto: Nedbank Sport/Twitter.

Broodryk se tyd van 5:56:26 is die derde vinnigste in geskiedenis en plaas haar voor legendes en voormalige wenners soos Maria Bak en Elena Nurgalieva.

Hierdie Nedbank-atleet is ‘n senior lektor in menslike bewegingskunde aan die Noordwes-Universiteit (NWU).

Die rekords het behoorlik platgeval in die  2023 Comrades Marathon vanaf Pietermaritzburg na Durban (87.7km) met die wenner, Gerda Steyn, wat ‘n 34-jaar oue rekord in die vroue af-wedloop verbeter het. Steyn het in 5:44:54 met ‘n groot glimlag op haar gesig klaargemaak. Die vorige rekordhouer was die Comrades-legende Frith van der Merwe wat sedert 1989 die rekord van 5:54:43 behou het.

Related Articles

Back to top button