Local newsNews

Deelkraal-man sterf in motorfietsongeluk

Die Wild Hogs Motorfietsklub in Fochville is diep geraak deur die dood van hul lid.

Die 60-jarige Marius de Beer van Deelkraal het Maandagmiddag 6 Junie tragies gesterf in ‘n motorfietsongeluk op die R500 (Parys/Fochvillepad) net voor die ingang na Smilin Thru.
Hy was die oggend in Bloemfontein waar hy ‘n motorfiets gekoop het, en was onderweg huis toe, toe die ongeluk gebeur het. Hy is op die toneel oorlede.

Marius was vir sowat vyf jaar lid van die Wild Hogs Motorfietsklub in Fochville. Sy dood het klublede diep geraak.

Die foto van Marius op die motorfiets wat hy gekoop het, is geneem kort voordat hy in ‘n ongeluk onderweg huis toe gesterf het. Foto: Verskaf

Een van die klublede, Johan Britz, het Marius beskryf as ‘n stil, rustige en godsdienstige man. ‘n Omgee-mens wat onder sy mede-klubmaats die bynaam ‘Pappa Smurf’ gehad het.

Ons opregte medelye met Marius se naasbestaandes en vriende, en dank aan hulle wat bystand op die ongelukstoneel verleen het.

 

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button