Ongelukke op N12 lei tot besige naweek vir nooddienste
Daar was op Vrydag, 26 Mei drie ongelukke op die N12 tussen Potchefstroom en Fochville.
Daar was op Vrydag, 26 Mei drie ongelukke op die N12 buite Potchefstroom in die rigting van Johannesburg.
Ongeveer 08:40 het ‘n swaar motorvoertuig en ligte motorvoertuig sowat 15km buite Potchefstroom in die rigting van Fochville met mekaar gebots. Vyf insittendes is in die ongeluk beseer.
ROCKET HEMS se helikopter is ontbied om een van die pasiënte wat veelvuldige beserings opgedoen het, na Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Johannesburg te vervoer. Die helikopter het ongeveer 09:30 geland. Die N12 was vir 45 minute gesluit.
Die vier ander pasiënte het geringe tot matige beserings opgedoen en is per ER24 ambulans na verskeie plaaslike hospitale vervoer.
Later in die aand om 19:08 was daar ‘n derde ongeluk naby Atlantic Oil op die N12 toe ‘n trokke en ‘n ligte motorvoertuig ook teen mekaar gebots het.
Een pasiënt is met geringe beserings na ‘n plaaslike hospitaal vervoer.
ER24 nooddienste en Mooirivier Beskerming First Responder was op al hierdie tonele teenwoordig.
Daar was ook op Saterdagaand ‘n voetganger doodgery, en ‘n groot ongeluk op die hoek van MC Roode-rylaan en die R 501 (Carletonville-pad).