Local newsNews

Kriminele sake na ongelukke in Carletonville

Kriminele sake van roekelose en nalatige bestuur is by die polisie in Carletonville geopen na twee ernstige ongelukke wat die afgelope week in die dorp plaasgevind het.

In een van die ongelukke is ‘n motorfietsryer Donderdagoggend omstreeks 07:30 ernstig beseer toe ‘n Toyota Quantum minibus na bewering op die hoek van Kaolin- en Klaseriestraat voor hom ingedraai het.

Die bestuurder van die minibus beweer blykbaar sy het nie die motorfietsryer gesien nie.

In nog ‘n voorval vroeër die oggend moes sewe skoolkinders hospitaal toe geneem word na ‘n bakkie en die minibus wat hulle na hul onderskeie skole toe Vervoer het, op die hoek van Kaolin- en Adastraat met mekaar gebots het.

Daar word vermoed dat een of selfs albei van die voertuie nie by dié vierrigting stopstraat gestop het nie.

Die polisie is steeds met hul ondersoeke besig.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button