Local newsNews

Protesaksie ruk hand-uit in Fochville

Die protesaksie deur gemeenskapslede in Fochville is besig om hand-uit te ruk.

Die aksie het reeds Woensdag begin en lei daartoe dat inwoners van Fochville, Kokosi en Greenspark reeds vir drie dae nie krag het nie.

Vandag het leerders van al die skole in Kokosi hulle egter ook by die aksie aangesluit. Volgens verskeie inwoners van Kokosi en Fochville met wie die Herald sowat ‘n uur gelede op die toneel gepraat het, is dit juis hierdie leerders se betrokkenheid wat tot vandag se verhoging in geweld lei.

Hoewel lede van die polisie se openbare orde-eenheid op die toneel is en onder meer rookgranate gebruik om die skare uitmekaar te probeer jaag, blyk dit nie die nodige uitwerking te he nie.

Die betogers gooi ook voortdurend een van hierdie eenheid se pantservoertuie met klippe.

Daar is ook ander polisielede sowel as lede van die GPF en privaat sekuriteitsmaatskappy op die toneel.

Baie inwoners van Kokosi kan as gevolg van die probleme nie terugloop huistoe nie.
Van die betogers gooi voortdurend hierdie pantservoertuig van die polisie met klippe. Foto: Adele Louw
‘n Gemaskerde betoger in die veld naby die verkeerskantore. Foto: Adele Louw
‘n Polisielid probeer inwoners keer om nader aan ‘n area te loop waar ‘n rookgranaat kort vantevore afgegaan het. Foto: Adele Louw

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button