Local newsNews

Man sterf in botsing op N12 naby Fochville

Man sterf in botsing op N12 naby Fochville

‘n Man is vroeg gisteroggend op die N12 in die Fochville-omgewing dood na sy Nissan Qashqai met ‘n vragmotor gebots het.

Die ongeluk het sowat 05:30 naby die ingang na Mponeng-myn gebeur.

Sover vasgestel kon word, was die Nissan in die rigting van Potchefstroom onderweg toe dit kop-aan-kop met die vragmotor gebots het. Die bestuurder van die Qashqai is op slag dood terwyl die vragmotor se bestuurder nie beseer is nie.

Die botsing het in die linkerkantste baan van voertuie wat in die rigting van Johannesburg ry, plaasgevind.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button