Local newsNews

Moordverdagtes weer Donderdag in die hof

Moordverdagtes weer Donderdag in die hof

Die Carletonviller Gertjie Bothma en sy mede-beskuldigdes in die moord van die bestuurder van ‘n besigheid in Oberholzer vroeër vanjaar sal weer dié week in die hof verskyn.

Die 42-jarige Bothma, sy vriendin, Bianca Erasmus en Donovan Visser sal Donderdag in die Streekhof in Oberholzer verskyn.

Bothma het vir dae lank geweier om hom aan die polisie oor te gee na die moord op mnr.  Mr Domingos Antonio Novela, die bestuurder van die Sleepover Gastehuis en Konferensie-fasiliteit in Oranjestraat, op 11 Januarie vanjaar.

Dit het ook intussen aan die lig gekom dat beide Bothma en Visser reeds besig is om saam met nóg beskuldigdes tronkstraf op ander sake van inbrake by besighede uit te dien. Bothma het vroeër die jaar skuldig gepleit op aanklagte van twee sake terwyl Visser op een saak skuldig gepleit het.

 

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button