Local newsNews

Meer vir petrol, minder vir diesel

Die verandering in die brandstofpryse tree om middernag in werking.

Van môre Woensdag 3 Mei, sal diesel met ‘n  0,05% swaelinhoud jou 74 sent per liter goedkoper kos, en  diesel met ‘n 0.005% swaelinhoud 48 sent per liter goedkoper.  Daar is ook  groot verligting in gaspryse veral met die winter wat voorlê. Gaspryse word R4,44 per kilogram goedkoper. Paraffien se prys word met 33 sent per liter goedkoper.

Die petrolrys styg egter vir alle grade met 37 sent per liter.

Dalk bly die perdekar tog maar die goedkoopste opsie en waar anders as net in Parys, sal jy nog dié gesig sien van ‘n perdekar wat kom wind soek vir die wiele.

Die verandering in brandstofpryse tree vandag om middernag in werking.

Vir boere, kosvervaardigers en die kleinhandel is die daling in die dieselprys veral goeie nuus gegewe beurtkrag, en is die hoop dat die prysdaling ook sal deursyfer na die hele ekonomie.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button