Local newsNews
Geen verandering in vullisverwydering oor langnaweek
Geen verandering in vullisverwydering oor langnaweek
Die Merafong City Plaaslike Munisipaliteit sê daar sal nie ‘n verandering in hul skedule van vullisverwydering oor die naweek wees nie.
Die Herald het die munisipaliteit gister (Dinsdag 25 April) oor die komende naweek se vullisverwydering gevra.
“Ons voorsien nie enige onderbrekings in die verwydering van vullis oor die komende langnaweek nie. Ons skedule bly dieselfde,” het die munisipale woordvoerder gesê.
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.