News

Merafong swyg oor Fochville se vullisterrein

Die Merafong City Plaaslike Munisipaliteit weier om duidelike antwoorde te gee oor wat hulle gaan doen om die besoedeling van die omgewing by die Fochville vullisterrein op te los.

Dié vullisterrein is sowat ‘n dekade gelede geskep as ‘n plek waar inwoners hul ekstra vullis kan aflaai. Die vullis wat nie herwin kan word nie, sou met munisipale vragmotors na die Rooipoort vullisterrein buite Carletonville geneem word.

Dié plan het egter reeds teen sowat 2017 skipbreuk begin lei toe die munisipaliteit opgehou het om die vullis te verwyder.

Die probleem word net al erger. Nie net is die vullisterrein self ‘n nagmerrie nie, al meer vullis hoop langs die pad na die terrein op omdat min mense meer daar kan uitkom.

Dié gemors hoop nou al só ver op dat daar ‘n wal vullis langs die oop erf oorkant die munisipale lisensie-kantore is. Van hier af is die sypaadjies aan die linkerkant van die pad na die vullisterrein net een grrot gemors. Nader aan die terrein is dit regs ook vol gemors.

Die munisipaliteit probeer al vir maande om die Herald se vrae oor die probleem ontwyk met antwoorde soos dat hulle “’n plan” het en “binnekort aandag gaan gee”. Vandag het hulle nie eens die Herald se vrae geantwoord nie.

Die Herald sal egter aanhou om die probleem op te volg tot iets daaraan gedoen word.

Die hele linkerkant van die sypaadjie verby die lisensiekantore is een groot rommelhoop.
Die gemors is al tot teen die oop erf oorkant die lisensiekantore opgehoop.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button