Local newsNews

Bloulig-kapers slaan in Welverdiend toe

Lede van ‘n bloulig-bende het verlede week ‘n voertuig in Welverdiend gekaap.

Die bestuurder van ‘n vragmotor van Lichtenburg het op 6 April omstreeks 18:25 deur dié dorp gery toe die voorval plaasgevind het.

Hy het deur 17de Laan gery toe ‘n “beampte” wat by ‘n gemerkte polisievoertuig gestaan het, wys hy moet stop.

“Moenie jou vragmotor afskakel nie en stap saam met my na my kar,” het die “beampte” hom beveel.

Terwyl hulle na die polisiekar, ‘n Ford Focus, gestap het, het ‘n Mercedes-Benz aangejaag gekom. Die Merc het voor die vragmotor parkeer en ‘n man het uitgespring en in die vragmotor geklim. Dié booswig het toe met die vragmotor weggejaag.

Die “beampte” en sy makkers het die vragmotorbestuurder in die Mercedes ingeboender en met hom weggery. Hulle het hom later in Pretoria afgelaai.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button