Local newsNews

Nooddienste red kind wat in dreinplaat vassit

Die brandweer het reddingskake gebruik om die dogtertjie uit te help.

Nooddienste en plaaslike brandweer was die helde van die dag toe hulle ‘n dogtertjie wat in ‘n dreinplaat by Promosa by Potchefstroom vasgessit het op Dinsdag, 18 April, gered het.

Die toneel gistermiddag (Dinsdag, 18 April) in Promosa in Bloemetjiestraat waar ‘n dogtertjie by ‘n dreinplaat vasgesit het. Foto: Aldus Smith.
Brandweer is hier besig om die dogtertjie uit die dreinplaat in Bloemetjiestraat,
Promosa te help. Foto: Aldus Smith.

Met ER24 en Potch brandweer se aankoms op die toneel in Bloemetjiestraat in Promosa
omstreeks 17:00 is die dogtertjie gevind waar haar been tussen die ysters van die dreinplaat vasgessit het. Haar ouderdom kon nog nie bevestig word nie.

Die yster dreinplaat waar die kind se linkerbeen vasgesit het.

Die brandweer het reddingskake gebruik om die dogtertjie uit te help.
Paramedici het haar op die toneel behandel. Sy het geen beserings opgedoen nie.

https://potchefstroomherald.co.za/124709/nooddienste-red-kind-wat-in-dreinplaat-vassit/?fbclid=IwAR0c-8l1h36Y-UbMWUCJCkJEs7u_ywIxK49zV0Q1mcwNXLLo7jRuXMmSIrw

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button