Local newsNews

Park nou ‘n oerwoud

Een van Fochville se parke lyk meer soos 'n oerwoud as 'n plek waar inwoners rustig langs die rivier kan gaan stap.

Die Dawid Nel Park, wat aan die einde van Hawthornstraat langs die Loopspruit geleë is, was eens op ‘n tyd ‘n plek waar inwoners kon ontspan. Dit is langs ‘n rustige en veilige deel van die dorp en die ideale plek vir natuurliefhebbers om hul bene langs die rivier te gaan strek. Die park, wat in ‘n lang strook langs die rivier is, is egter reeds vir jare eerder ‘n oogseer en moontlike uithangplek vir misdadigers. “Die gras en bosse is só lank dat niemand dit meer kan geniet nie. Dit lyk net vreeslik,” sê ‘n gemeenskapsleier van die dorp, mnr. Braam Nel, na wie se vader die park vernoem is. Nel se pa was ‘n voormalige burgemeester van Fochville.
Met die Herald se besoek aan die park was die bosse by die ingang só lank dat niemand kan sien wat daaragter skuil nie. Die pad is ook in ‘n haglike toestand en die gras is baie lank. Die lang gras in die park het al telkemale daartoe aanleiding gegee dat niemand kan sien as riool uit mangate langs die rivier begin stroom nie. Die rivier is al telkemale die afgelope paar jaar só besoedel en die munisipaliteit het eers gaan kyk wanneer omliggende inwoners oor die stank van riool begin kla het. Die Herald het die munisipaliteit oor die probleem uitgevra en hulle het belowe om die gras in die park in die week te sny.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button