Local newsNews

Ondersoek na meisie se dood

Die polisie in Carletonville ondersoek ‘n saak van strafbare manslag na ‘n meisie van Deelkraal verlede week in Welverdiend doodgery is.

Sover vasgestel kan word, het Mariska Erasmus (17) op 16 Maart saam met haar ouma na Welverdiend gegaan omdat die ouma die kliniek wou gaan besoek.

Hulle het op pad terug skuins oorkant die polisiestasie aan die kant van die pad gestaan toe ‘n voertuig omstreeks 11:30 in hulle vasgejaag het. Mariska is op die toneel oorlede terwyl haar ouma na Carletonville Hospitaal gejaag is.

Die bestuurder, ‘n inwoner van Potchefstroom, was vermoedelik onder die invloed van alkohol en is na die ongeluk na Carletonville Hospitaal geneem sodat sy bloedalkoholvlak getoets kan word.

Sover vasgestel kan word, is die uitslag van dié toetse nog nie bekend nie.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button