Local newsNews

Vier lede van gesin eindig in hospitaal na fratsbotsing

Pa Tolla en seun Barend is steeds in 'n ernstige toestand in die hospitaal

Mnr. Tolla Botes (46) en sy gesin van Vanderbijlpark is op 11 Februarie vanjaar ernstig beseer in ‘n fratsbotsing by die sirkel in Langenhovenstraat en Curie-boulevard.
Tolla se vrou Tinkie en dogter Johanné is reeds uit die hospitaal ontslaan, maar Tolla is na 5 weke steeds in die waakeenheid van ‘n Albertonse hospitaal. Buiten ernstige inwendige beserings gaan twee van sy vingers geamputeer word en hy gaan waarskynlik ook een oog verloor. Hy is tans nog in ‘n mediese koma en sal later die week stelselmatig bygebring word.
Tolla en Tinkie se seun, Barend (23), het ‘n baie ernstige besering aan sy skouer en arm opgedoen. Hy is tans in Sebokeng-hospitaal en moet dringend ‘n operasie ondergaan, maar die waglyste is baie lank. Elke dag wat verbygaan sonder dat hy die operasie kan kry, benadeel die normale herstel van sy skouer en arm.

Local newsNews

Vier lede van gesin eindig in hospitaal na fratsbotsing

Pa Tolla en seun Barend is steeds in ‘n ernstige toestand in die hospitaal

 

Mnr. Tolla Botes (46) en sy gesin van Vanderbijlpark is op 11 Februarie vanjaar ernstig beseer in ‘n fratsbotsing by die sirkel in Langenhovenstraat en Curie-boulevard.
Tolla se vrou Tinkie en dogter Johanné is reeds uit die hospitaal ontslaan, maar Tolla is na 5 weke steeds in die waakeenheid van ‘n Albertonse hospitaal. Buiten ernstige inwendige beserings gaan twee van sy vingers geamputeer word en hy gaan waarskynlik ook een oog verloor. Hy is tans nog in ‘n mediese koma en sal later die week stelselmatig bygebring word.
Tolla en Tinkie se seun, Barend (23), het ‘n baie ernstige besering aan sy skouer en arm opgedoen. Hy is tans in Sebokeng-hospitaal en moet dringend ‘n operasie ondergaan, maar die waglyste is baie lank. Elke dag wat verbygaan sonder dat hy die operasie kan kry, benadeel die normale herstel van sy skouer en arm.

* Enigiemand wat ‘n bydrae wil maak sodat Barend na ‘n privaathospitaal toe oorgeplaas kan word vir die operasie, kan ‘n direkte EFT-inbetaling maak aan Tinkie Botes, Capitec, Takkode: 470010, Spaarrekening: 1768649152 of op sy Back-a-Buddy-blad, https://www.backabuddy.co.za/barend-botes-5541055950211027895. Sowat R60 000 word vir die operasie benodig.

Barend Botes (23), ‘n lid van die Botes-gesin, voor die ongeluk waarin hy ernstig beseer is.
Die breuk in Barend se arm kan duidelik op die x-straalplate gesien word.
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button