Local newsNews

Vyf beseer in ongeluk in Carletonville

Vyf mense is die afgelope naweek in ‘n botsing in Carletonville beseer.

Volgens ER24 is het ‘n motor Saterdagaand met ‘n taxi by die kruising van Dolomite en Onyx-rylane gebots.

Nooddienswekers van ER24 en nóg ‘n diens het om 18:48 op die toneel aangekom. Die motor was aan die kant van die pad parkeer en die taxi het steeds in die pad gestaan.

Hoewel die taxi-bestuurder steeds in sy voertuig gesit het, het vier ander mense wat in die ongeluk beseer is, buite die voertuie geloop.

Die nooddienswerkers het al die beseerdes ondersoek, en gevind dat twee ernstig beseer is en drie ander minder ernstige beserings opgedoen het.

Al vyf is egter vir verdere behandeling na hospitale in die omgewing geneem.

Plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoek.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button