Local newsNews

Pretstap sukses. Leukemie lyer (11) se pruik op pad

Pretstap sukses. Leukemie lyer (11) se pruik op pad

Saterdag, 4 Maart het meer as 80 mense van alle ouderdomme in Vanderbijlpark tekkie op teer gesit vir ‘n goeie doel.

Anja open die pretstap.

Anja Botha (11) is vroeër vanjaar met leukemie gediagnoseer en weens die behandeling moes haar lang hare afgesny word.

Anja wat moedig die kanker aanvat het net een wens gehad, om ‘n pruik met lang hare te kan kry.

Haar familie en vriende het ingespring en haar tannie, Sonica Dry, het die pretstap gereël.

Sonica sê almal het die oggend baie geniet en daar is genoeg geld ingesamel vir die pruik en selfs ‘n bietjie meer om ‘n paar ekstra benodighede te koop.

Anja se ouma, Estelle Terblanche, het ook die 5km aangedurf en sê sy het dit oorleef.

Hierdie familie leef duidelik die motto uit wat op hul T-hemde gedruk was: “In this family no-one fights alone”!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button