Local newsNews

Geliefde dokter sterf

Dok Gerrie se dood laat 'n groot leemte.

Dokter Gerrie van der Westhuizen wat vir baie jare ‘n pad met soveel pasiënte in Parys kon saamstap, is op Vrydag 3 Maart in die ouderdom van 78 jaar aan ‘n hartaanval oorlede.
Vir baie was hy hulle dokter vir 45 jaar, totdat hy in 2018 die tuig neerglê en sy praktyk in Middelstraat gesluit het. Hy en sy vrou was in Sally Martin Park gevestig, waar hy ook oorlede is.
Dok Gerrie het destyds van Pretoria gekom en in Parys vir die eerste keer kom praktiseer – aanvanklik vir die eerste 15 jaar saam met wyle dr. Theron in Philipstraat, en daarna alleen in die praktyk in Middelstraat.

Die egpaar het vyf kinders, waarvan twee van hul dogters, Annelien Marais, en Laurika Odendaal ook in Parys gevestig is, twee dogters wat in Johannesburg gevestig is, en hul seun wat in London woon. Die egpaar het ook 11 kleinkinders.
Ons diepe medelye met sy vrou, Isabel, wat vir die 56 jaar van hul getroude lewe hom met liefde versorg en sy belange op die hart gedra het, sy kinders, kleinkinders en familie wie hy agterlaat met net die mooiste herinneringe aan hom.
Die familie sê dankie aan die personeel van Sally Martin Park, dr. Van Wyk, en Debbie en personeel van Parys Medix vir die hulp wat en bystand wat verleen is.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button