Local newsNews

Gemeenskap help Potch-gesin om hond op te spoor

Litchi, ‘n negejarige Maltese poedel, is na twee dae weer terug by haar familie, nadat sy ongeveer 16 kilometer van haar huis gevind is.

itchi, ‘n negejarige Maltese poedel, is na twee dae weer terug by haar familie, nadat sy ongeveer 16 kilometer van haar huis gevind is.

Litchi se eienaars, Christi en Rouxan Cloete, het sedert Maandag (27 Februarie) ‘n uitgerekte soektog saam die Potchefstroomse gemeenskap gehou, maar kon haar nie in die nabye omgewing vind nie.

Sy is uiteindelik vandag (Woensdag, 2 Maart) op ‘n plot in Oudedorp op die Carletonville-pad (R501) opgespoor en nou veilig by haar huis.

Christi vertel met vreugde in haar stem oor hoe sy dankbaar is vir almal se hulp en oproepe om haar hondekind te kon opspoor.

“Dit is ongelooflik hoe almal in Potch wou help, of vir ons bid dat sy veilig terugkom. Tannie het sommer helfte van hul dag gevat om te gaan kyk of hul nie Litchi kan kry nie. Ek was net so bly toe ek hoor dat sy opgespoor is op die plot. Sy was baie honger, dors en ‘n bietjie vuil, maar baie gelukkig noudat sy by haar mense is,” sê Christi.

Christi Cloete saam met Litchi (9), wat op Woensdag, 2 Maart, na twee dae se soektog weer met haar gesin herenig is. Foto: Facebook.

Litchi het Maandag verdwyn toe sy by Rouxan se karvenster uitgespring het. Hy was op pad om vir hul drie honde na die salon toe te vat vir ‘n bad en haarsny. Hy het gestop en die karvenster effens oopgemaak vir lug.  Rouxan het gou vir ‘n ander draai parkeer, terwyl sy kind in die kar gewag het. Dit is toe dat Litchi sonder sy medewete uitgespring het.

Toe hy by die salon stop was Litchi skoonveld.

“Ons het gaan soek maar kon haar nie kry nie. Ons het op sosiale media op die Potchefstroom groepe ook geplaas dat sy verdwyn het en gevra dat mense help soek. Ons het ook vir PAWS gevra of iemand haar nie dalk opgetel het nie,” vertel Christi.

Litchi, ‘n Maltese poedel is na twee dae weer terug by haar huis.

Na twee dae het dit gelyk of die Cloete’s nie vir Litchi weer sou sien nie, maar vanoggend toe bel Izelle Rautenbach vir Christi met inligting oor Litchi en dat sy heel moontlik op ‘n plot in Ouderdorp is.

‘n Foto van waar die hondjie teenaan die rivier gevind is. Foto: Verskaf.

“Ek het dadelik gery (teen 08:45) en haar gaan haal. Dit is ongelooflik dat sy so ver gegaan het om ons te soek. Ons bly teenaan die rivier, en die omgewing lyk ook amper dieselfde, so sy moes net verdwaal het in haar soektog na ons,” meen Christi.

“Ons is ongelooflik dankbaar vir die Potch gemeenskap wat net wys hoe baie hulle omgee om vir Litchi op te spoor.”

https://potchefstroomherald.co.za/121786/gemeenskap-help-potch-gesin-om-hond-op-te-spoor/?fbclid=IwAR1rQE_4E_FQk5Ap66IahuHekkTOyChqU3ex6TaE3flfqYCqNGKf1Hajf_A

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button