Local newsNews

Bakkie in vloedwater vasgevang

Moet asseblief nie die krag van water onderskat nie

Kol. De Vos, ER24 van Potchefstroom en Vanderbijlpark, Parys Medix, a.o. Holtzhauzen van die polisie se K9 Soek-en-reddingseenheid in Sasolburg, Johnnys Insleepdienste en Prinsloo Recovery, moes vanmiddag ‘n man uit sy bakkie help nadat vloedwater van die Vaalrivier wat in Grewarlaan in Parys opgestoot het, sy bakkie meegesleur het. Die man het in Noorderstraat afgery in die rigting van Grewarlaan toe hy deur die stroom meegesleur is en uiteindelik by die kruising van Delver- en Grewarlaan geeïndig het.

Die man is ongedeerd en kon die bakkie uit die water gekry word.

Nooddienste en die polisie het na die voorval weer ‘n baie ernstige beroep op die publiek van Parys en besoekers aan die dorp gedoen om nie in die rivierwater wat in verskeie strate van die dorp loop, te beweeg nie. Bly weg van die rivieroewer en moet asseblief nie probeer om in die water te swem of deur te ry nie. Grewarlaan, Fickstraat, Esplenade en Paulsenstraat is tans onder water en die Mimosa Tuine is ook  gesluit.

Hoewel die Vaalrivier se watervlak tans stabiel is, moet jy nie die krag van water onderskat nie, selfs al ken jy die rivier. Moet ook nie dat jou kinders in die water ingaan of alleen na die rivier toe gaan nie.

Die situasie word 24 uur gemonitor en is nooddienste 24 uur op bystand. Samewerking van die publiek is nou meer as ooit baie nodig om nie onnodige druk op nooddienste te plaas nie.

Maak ook seker dat jy nie inligting versprei op digitale platforms wat nie geverifieer is nie. Onthou dat verkeerde inligting onnodig paniek saai.

https://parysgazette.co.za/81033/bakkie-in-vloedwater-vasgevang/?fbclid=IwAR1JoXbCArgE7tU9OCEjsCPv0Qxe7xJ8hG0BvPYw7YJTNHFs4bLdLqeCSD0

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button