Local newsNews

Twee jong vroue in Impalalaan verkrag

Gewapende rowers het die afgelope week by ‘n huis in Impalalaan in Carletonville ingebars.

Volgens die polisie op Carletonville het die voorval op 11 Februarie plaasgevind.

‘n Jong vrou het by haar suster, wat ‘n kamer agter in ‘n erf in dié straat huur, gekuier toe die rowers toegeslaan het. Hul vriendin en haar baba het ook daar gekuier.

Die vroue het omstreeks 19:30 ‘n harde hou teen die deur gehoor en drie mans, waarvan een met ‘n vuurwapen en ‘n ander met ‘n mes gewapen was, het ingestorm.

Die rowers het die vroue, wat almal in hul 20s is, gegryp en en hul hande met draad vasgebind.

Hulle het geld geëis en al die bietjie kontant wat die vroue by hulle gehad het sowel as hul selfone en elektriese ware gegryp. Hulle het hierna die twee sussies op hul mae op die bed laat lê en hulle verkrag.

Die kriminele het toe kos uit die yskas gesteel voor hulle teruggekom en van die bewyse afgevee het.

Die Herald het intussen vasgestel dat nóg ‘n vrou Woensdag in dieselfde straat verkrag is.

Related Articles

Back to top button