EntertainmentLocal newsNews

Ray Dylan bederf sy vrou met ’n romantiese ballade vir Valentynsdag

KOM LÊ MY VOOR JOU is ’n splinternuwe romantiese pop-ballade uit Ray Dylan se pen wat beloof om musiekharte warm te laat klop

Wat doen jy as ’n sanger en liedjieskrywer, wat gelukkig getroud is, om die vrou van jou drome spesiaal te laat voel? Jy skryf vir haar ’n liedjie en stel dit vry in Valentynsmaand!

KOM LÊ MY VOOR JOU is ’n splinternuwe romantiese pop-ballade uit Ray Dylan se pen wat beloof om musiekharte warm te laat klop wanneer hulle daarna luister.

“Ek het die liedjie vir my vrou, Jessica, geskryf en kan met trots sê dat ons huwelik dit geïnspireer het,” deel hy. “Dit is een van daardie liedjies wat jou hart sal laat bons en net weereens bevestig dat elke pot sy deksel het.”

Volgens dié talentvolle musikant, wat al meer as drie dekades in die musiekbedryf bekend is, beteken hierdie liedjie vir hom vreeslik baie, omdat dit ’n stukkie van sy eie persoonlike lewe is wat hy met luisteraars deel.

KOM LÊ MY VOOR JOU volg in die voetspore van Ek Wens, wat in Amerika vervaardig is, asook emosiebelaaide snitte soos Vir Eens In My Lewe en Laaste groet, asook By Jou Voete Lê wat dansvloere laat gons het oor die afgelope paar maande. ’n Musiekvideo van hierdie lied sal binnekort aanlyn en op die kassie beskikbaar wees.

Ray het oor die jare sinoniem geword met Afrikaanse musiek en is veral bekend vir treffers soos Hokaai Stoppie Lorrie, Dis Verby, Jessica, Hier binne klop ’n Boerehart, Angel-face, You’re My Everything, Vir Ewig Jonk, Uitbasuin, Hier Teen Jou Lyf en nog vele meer.

Sedert hy op die ouderdom van twaalf jaar saam met Bles Bridges begin optree het, het hy die kuns vervolmaak om met Afrikaners se harte te praat en het verskeie goue – en dubbelplatinumstatus – albums en – liedjies uitgereik. Vanjaar is Ray ook benoem vir die “Highest HonourSouthern Rock” toekenning by die Afri-Indie Onafhanklike Kunstenaartoekkenings wat in April plaasvind.

Hy verklap dat hy en sy vrou onlangs hulle eerste boerboelhondjie saam gekry het, wat hulle nogal besig hou en hy is ook hard besig om reëlings vir toere, plaaslik en internasionaal, te finaliseer.

Verder bly hy besig met optredes en geniet hy dit om te werk aan opwindende projekte in sy ateljee,  RDM-Studio. Een van die hoogtepunte van sy loopbaan, is dat hy op 26 Maart 2023 die verhoog met die internasionaal erkende “Southern Rock” koning, Kip Moore, gaan deel.

KOM LÊ MY VOOR JOU is die perfekte keuse vir enige romantiese speellys en gaan beslis koning kraai by troues en ander spesiale geleenthede.

 

Laai dit hier afhttps://vyd.co/Komlmyvoorjou

BESPREKINGS:

RDM PROMOSIES

Jessica Dylan-Jersich

Sel: 084 561 1865

WhatsApp:  082 736 2558

E-pos: jessica@ray-dylan.co.za

 

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button